Ek het vir myself 'n uitdaging gestel. Verf elke dag ‘n landskap vir 100 dae. Nadat ek meer ure begin werk het, kon ek nie myself indink dat ek nie elke dag kon verf nie. Kuns hoef nie altyd 'n meesterstuk te wees of in alle opsigte perfek te wees nie. Wanneer ek spontaan verf en vinnige besluite neem, is my kuns meer dinamies en het dit 'n gevoel van beweging. My bedoeling was om 'n beperkte palet te gebruik, vinnige besluite te neem oor tekstuur en komposisie en... om elke dag te verf! Die feit dat ek 'n gewone sketsboek gebruik het, het baie gehelp, aangesien die papier kwaliteit nie te veel verf en ‘oorwerk’ kon vat nie. Elke skildery is 14x14cm en is tussen 5-10 minute elk gedoen. Ek het so baie oor my en my kuns met hierdie uitdaging geleer: komposisies beplan, hoe om tekstuur te skep en my palet te beperk, my eie kleure te meng, die tipe landskappe wat my die meeste aanspreek en dat daar meer tyd in 'n dag as wat ek soms dink. Elke een is Suid-Afrikaanse, Wes-Kaapse landskappe, van die honderde foto's wat ek geneem het terwyl ek daar gekuier het of 'n mengsel van foto's en herinneringe. Sommige is deur ander mense geinspireer. Dag 13-fotokrediet: Iza Slabbert Dag 47 fotokrediet: Magda Lottering
Ek het soveel positiewe terugvoer gekry en waardeer almal wat saam met my op die reis was.
Alle ‘timelapses’ is beskikbaar op my Instagram by: doniqueart. Geniet dit!
100 landschappen
(NL)
- 1 = 40EUR 2=70EUR 3=100EUR
- Gebruik de volgende kortingscodes:
2 landschappen: SAVE10
3 landschappen: SAVE20 - Elk landschap is 14x14cm en ingelijst 20x20cm
Zwart of wit lijsten zijn beschikbaar. Zie het voorbeeld voor elk - de foto verschilt, maar geeft u een idee hoe het eruit ziet.